Skorokoro
Skorokoro
Happiness maak ‘n bestaan deur die mees gehawende Skorokoro wat jy al ooit gesien het. Hy het die Skorokoro oor die jare aanmekaar gesit en dit is skaars padwaardig.
Hy is redelik tevrede met sy lewe tot hy verlief raak op Patricia. Die probleem is dat Patricia die stamhoof se dogter is en Happiness is ver benede haar stand. Die lobola van 100 beeste is bo ‘n nederige taxibestuurder se vuurmaakplek. Waar gaan Happiness die geld vir 100 beeste bymekaar kry?
Om sake te vererger wil die stamhoof van ‘n nabygeleë dorpie hê dat sy seun met Patricia moet trou. Die stamhoof se seun kan die lobola bekostig en daar word besluit op ‘n datum vir die troue.
Dit word vir Happiness ‘n wedloop teen tyd om geld vir die 100 beeste bymekaar te maak.
Afrikaners is plesierig … selfs in Engels!
Oor die jare heen het die Afrikaanse skeppers van kykvermaak hul tone ook in die Engelse poel gesteek. Trots Afrikaanse mense, onder andere Jamie Uys, het nie hul skeppende talente beperk tot Afrikaans nie, en aangesien daar geen einde aan hul artistieke vermoëns is nie, het hulle kykgenot in Engels ook vervaardig.
Ons bring nou ook vir jou Engelse films wat met ‘n Afrikaanse aanslag deur trots Afrikaanse mense vervaardig is!