Druk die geel knoppie!

Sê net JA vir Afrikaanse films, reekse en musiek. 

Alles van toeka tot nou.

SLUIT NOU AAN

IN DIE KOLLIG

MTN LEDE. 

SLUIT HIER AAN.

R20/WEEKR30/MAAND

JOU MENSE

JA bied ‘n platform vir Afrikaanse filmmakers om hulle films, reekse, dokumentêre, kortfilms en ander vermaaklikheidsidees te wys.
50% van alle inkomste word teruggeploeg vir die skepping van nuwe produksies en des meer. As jy ‘n draaiboek het, of ‘n filmmaker wil wees, is JA die platform wat jou kan help.

JOU TAAL

JA is ’n digitale vermaaklikheidsplatform wat die voortbestaan van Afrikaans bevorder. Deur aan te sluit help jy om ons wonderlike taal en unieke kultuur te beskerm, deur ’n platform te wek wat daardie ideale in die kollig hou.

JOU AFRIKAANS

JA se toepassing is beskikbaar op alle digitale platforms. Jy kan dit kyk waar jy wil, soos jy wil, wanneer jy wil. Programme van gister sowel as top gehalte vermaaklikheid van vandag.

BETER AS KOUSE EN GOEDKOPER AS 'N ETE.

Gee vir jou geliefdes wat hulle regtig soek...
KOOP 'N GESKENKBEWYSEIS JOU GESKENKBEWYS

ALGEMENE VRAE

WAT IS JOU AFRIKAANS SE SUBSKRIPSIE OPSIES?
Jy kan by Jou Afrikaans aansluit op ons webtuiste teen:
R60 per maand
R500 vir 12 maande

Jy kan by Jou Afrikaans aansluit deur MTN teen:
R20 per week
R30 per maand

Jy kan by Jou Afrikaans aansluit deur Google Play Store teen R60 per maand.

Jy kan by Jou Afrikaans aansluit deur App Store teen R60 per maand.
MOET EK SELF MAANDELIKS MY SUBSKRIPSIEFOOI AAN JOU AFRIKAANS BETAAL?
Indien jy op ons webtuiste aangesluit het sal die subskripsiefooi verhaal word van die bankrekening waarvan jy die besonderhede verskaf het toe jy aangesluit het.

Indien jy deur MTN aangesluit het, word die subskripsiefooi deur MTN verhaal.

Indien jy deur Google Play Store aangesluit het, word die subskripsiefooi deur Google Play Store verhaal.

Indien jy deur App Store aangesluit het, word die subskripsiefooi deur App Store verhaal.
HOE VERANDER EK MY KAARTBESONDERHEDE?
Meld op ons webtuiste aan met jou e-pos adres en wagwoord.
Kliek op PANEELBORD
Kliek op AANKOPE
Kliek op VERANDER BETALINGSMETODE
Vul jou nuwe kaartbesonderhede in.
Kliek op STOOR VERANDERINGE

IS JOU AFRIKAANS BESKIKBAAR IN ANDER LANDE?
Jou Afrikaans is beskikbaar in alle lande in die wêreld wat toegang tot die internet het.
MET HOEVEEL TOESTELLE KAN EK STROOM?
Jy kan met 3 toestelle per subskripsie stroom.
HOE KANSELLEER EK MY SUBSKRIPSIE?
Indien jy Google Play Store by Jou Afrikaans aangesluit het, moet jy jou subskripsie by Google Play Store kanselleer.
Indien jy deur App Store aangesluit het moet jy jou subskripsie by App Store kanselleer.
Indien jy deur MTN aangesluit het moet jy die subskripsie by MTN kanselleer.
Indien jy op ons webtuiste aangesluit het kan jy jou subskripsie kanselleer deur om die volgende stappe te volg:
Besoek ons webtuiste www.jouafrikaans.co.za
Meld aan met jou e-pos adres en wagwoord
Kliek op PANEELBORD
Kliek op AANKOPE
Kliek op BESTUUR
Die woorde Beëindig lidmaatskap verskyn in rooi,
kliek op Beëindig lidmaatskap en bevestig dat jy jou subskripsie wil kanselleer deur om weer op Beëindig lidmaatskap te kliek.


Hoe werk die 72 UUR GRATIS-PROEFTYDPERK?
Jy kan nou ‘n 72 UUR GRATIS-PROEFTYDPERK op Jou Afrikaans geniet om alles wat ons bied te verken wanneer jy op ons maandelikse subskripsie inteken!

Indien jy nie wil voortgaan met die subskripsie nie, kan jy tydens jou 72 UUR GRATIS-PROEFTYDPERK, sonder enige verpligting voor die eerste betaaldatum kanselleer.

VOLG ONS 

@JouAfrikaans
chevron-down linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram