Siener In die Suburbs

Vrygestel: 1973
Tydsduur: 1h 29m
Ouderdomsbeperking: Geen
“Jy was stuck up. Jy wou beter doen as hierdie plek, toe dog ek, oraait, die girl is reg, met haar gesig sal sy hier uitkom. Nóú sit jy met die grootste tang in die suburbs se kleintjie. Die donnertjies wat in hierdie plek moet vergaan.” Tjokkie, sy...

“Jy was stuck up. Jy wou beter doen as hierdie plek, toe dog ek, oraait, die girl is reg, met haar gesig sal sy hier uitkom. Nóú sit jy met die grootste tang in die suburbs se kleintjie. Die donnertjies wat in hierdie plek moet vergaan.”

Tjokkie, sy ma en sy suster, Tiemie woon in ’n armmoedige voorstad van Johannesburg. Tjokkie het die gawe van visioene en Tiemie wil wegkom uit die “suburbs”, met ’n ryk man trou en “van geweet wees”. Hul ma se man, Giel, teer op haar en ag haar kinders as sy eie omdat hy hulle sien grootword het. Jakes is ’n zef ou met slegte gewoontes met wie Tiemie deurmekaar is en wie se kind sy verwag. Rampspoedige gevolge volg wanneer Tjokkie “sien” hoe ’n ander man as Jakes vir Tiemie swanger maak.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.

Regisseur

FS
Francois Swart

Draaiboek

PP
P.G. du Plessis
VD
Vervaardig deur:
QF
Quadro Films

Akteurs

MW
Marius Weyers
LN
Louis van Niekerk
SP
Sandra Prinsloo
WS
Wilna Snyman
GB
George Ballot
KW
Karen van Wyk
DL
Don Lamprecht