Daar Kom Tant Alie
Daar Kom Tant Alie
Tant Alie, ’n welgestelde maar uitgesproke vrou, raak moeg vir haar eensame bestaan op die plaas en besluit om by haar dogter en haar gesin in die stad te gaan woon. In haar nuwe omgewing beland sy tussen ’n bont versameling karakters, onder andere die avontuurlustige Jansonius, ’n langhaar motorfietsryer en vlieënier met ’n oog op haar kleindogter. Soos die liefdesdramas ontvou, word dit duidelik dat romanse nie net vir die jonges bedoel is nie. Ná ’n reeks komiese gebeure en ’n waaghalsige vlug, verras Alie almal deur eerste voor die kansel te staan.
Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.