Daar Doer In die Stad

Vrygestel: 1954
Tydsduur: 1h 9m
Ouderdomsbeperking: Geen
Hans woon baie gelukkig op sy plaas saam met sy vrou Martie en hul dogtertjie, Marietjie. Die ongeluk slaan toe, toe ’n slang vir Martie byt en sy sterf. Hans se geld raak min en hy is genoodsaak om stad toe te gaan om sy grondboontjiemasjien te pate...

Hans woon baie gelukkig op sy plaas saam met sy vrou Martie en hul dogtertjie, Marietjie. Die ongeluk slaan toe, toe ’n slang vir Martie byt en sy sterf. Hans se geld raak min en hy is genoodsaak om stad toe te gaan om sy grondboontjiemasjien te patenteer. Hans raak verlief op Elise en skeep Marietjie af. Wanneer Hans se buurman hom oor die vingers tik omdat hy Marietjie afskeep stuur hy haar terug plaas toe om by ouma en oupa te woon. Hans en Marietjie verlang geweldig na mekaar en Hans se liefde vir Marietjie lei daartoe dat hy terugkeer plaas toe.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.

Regisseur

JU
Jamie Uys

Draaiboek

JU
Jamie Uys

Vervaardiger

JU
Jamie Uys
VD
Vervaardig deur:
AK
Afrikaanse Rolprentproduksies Killarney

Akteurs

JU
Jamie Uys
HU
Hettie Uys
MU
Marietjie Uys
LP
Louis Pienaar
EL
Elise Loubser
RT
Ronnie Tiburtini
AN
Anna Neethling-Pohl
AR
Andries Roux
WH
Willie Herbst
BP
Benn Potgieter
JS
Jack Shoul