Alison

Vrygestel: 2016
Tydsduur: 1h 22m
Ouderdomsbeperking: 18
Alison Botha, is die vrou wat geweier het om te sterf toe sy op die aand van 18 Desember 1994 deur Frans du Toit en Theuns Kruger ontvoer, brutaal verkrag en meer as 37 keer met ‘n mes gesteek is. Met ‘n oopgesnyde keel en haar hand op haar maag om h...

Alison Botha, is die vrou wat geweier het om te sterf toe sy op die aand van 18 Desember 1994 deur Frans du Toit en Theuns Kruger ontvoer, brutaal verkrag en meer as 37 keer met ‘n mes gesteek is. Met ‘n oopgesnyde keel en haar hand op haar maag om haar ingewande binne te hou, het sy uit die duineveld na die pad gekruip en besluit sy sal nooit ‘n slagoffer wees van wat hierdie twee mans aan haar gedoen het nie.

Tydens vonnisoplegging in 1995 het regter Chris Jansen na Alison se aanvallers se “inherente broosheid” verwys en hulle lewenslank tronk toe gestuur, met die aanbeveling dat hulle nooit parool moet kry nie.

Die landskap van Alison se lewe sou nooit weer dieselfde wees nie en dekades ná haar nagmerrie ervaring en wonderbaarlike oorlewing is Alison steeds vir mense regoor die wêreld ‘n rolmodel, ‘n bron van inspirasie en ‘n ikoon.

Die rolprent het die volgende toekennings en pryse ingepalm:
Alison het die prys vir die beste dokumentêre rolprent by die Asies Pasifiese internasionale rolprentfees gewen.

In 2017 is Alison vir vyf Safta-toekennings benoem en die rolprent het pryse by verskeie feeste gewen.

Alison was al by plaaslike en internasionale rolprentfeeste te sien en was die eerste Suid-Afrikaanse film om vir die Dances with Films-fliekfees gekies te word.

Alison is ook op die Hollywood Strip vertoon.

Afrikaners is plesierig … selfs in Engels!
Oor die jare heen het die Afrikaanse skeppers van kykvermaak hul tone ook in die Engelse poel gesteek. Trots Afrikaanse mense, onder andere Jamie Uys, het nie hul skeppende talente beperk tot Afrikaans nie, en aangesien daar geen einde aan hul artistieke vermoëns is nie, het hulle kykgenot in Engels ook vervaardig.

Ons bring nou ook vir jou Engelse films wat met ‘n Afrikaanse aanslag deur trots Afrikaanse mense vervaardig is!

Regisseur

UC
Uga Carlini

Draaiboek

UC
Uga Carlini

Vervaardiger

UC
Uga Carlini
SG
Spesiale gaste:
AB
Alison Botha
MT
Marianne Thamm
DA
Dr. Dimitri Angelov
DE
Dr.Tiaan Eilerd
DC
Dr. David Comyn
CJ
Chris Jansen
MH
Melvin Humpel
RR
Rashmi Raga
HB
Hannelie Bakker

Akteurs

CV
Christia Visser
ZH
Zak Hendrikz
FM
Francois Maree
DO
De Klerk Oelofse
DV
Dennis Vidulin
DM
Dyanne Mayer
OB
Oakley de Bruijn
BW
Brigit Wager
AJ
Alex Jekwa
SB
Shereen de Bruijn
KJ
Karen Jones
LC
Lara Carlini
JF
Jon Jon Fell
LB
Levi de Bruijn
LB
Lindi Bredenhann
KL
Karl van Lith
LC
Lorna Carmichael
AL
Anthony Leak
SC
Sophia Carlini
MC
Matthew Carmichael
WB
Wagener de Bruijn
JB
Jago de Bruijn
BK
Bugsy die kat